School sportSport

Suidskool se karatekas blink uit

Cornia Claasens en Terrence van Wyk neem elk deel aan die JKA karatestyl en het onderskeidelik in kata en kumite medaljes behaal.

POLOKWANE – Twee leerders van Laerskool Pietersburg het op 5 Junie aan ‘n interhuis karatekompetisie in die stad deelgeneem en medaljes verower. Cornia Claasens en Terrence van Wyk neem elk deel aan die JKA karatestyl en het onderskeidelik in kata en kumite medaljes behaal.

Cornia het in beide kata en kumite goud verower en Terrence het brons verower in kumite. Cornia vertel dat sy baie van karate hou en Terrence vertel hy neem aan diĆ© sportsoort deel omdat hy ‘n groot liefde daarvoor het.

Cornia is al sedert ses by karate betrokke en op 12 spog sy met ‘n blou gordel.

Terrence is nou 12 en neem reeds deel vandat hy sewe jaar oud is. Hy hou tans ‘n rooi gordel.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button