Van jongs af leer bulletjies al meer oor balvernuf

Review het by Osieteddies, een van die kleuterskole waar die kleuters ook by die sport inskakel is, om te hoor hoe baie hulle dit geniet.

POLOKWANE – Kleuters van regoor die stad het sedert die begin van die jaar die keuse om deur die konsessiegroep Ruggakids aan rugby bekendgestel te word.

Hier leer hulle balle gooi, vang, met mekaar saamwerk en sommer net heerlike sosialiseer.

Review het by Osieteddies, een van die kleuterskole waar die kleuters ook by die sport inskakel is, om te hoor hoe baie hulle dit geniet. Afrigter Jason Pretorius was ook daar.

Zjuan Muller.

Zjuan Muller sê dat hy die rugby baie geniet, omdat hy dit gereeld saam sy oupa kan speel.

Ryal Pretorius.

Ryal Pretorius stem saam, en sê hy hou ook baie van sy afrigter en spog trots dat hy saam sy oupa nou nóg ‘n sportsoort kan geniet, aangesien hy reeds saam sy oupa gholf speel.

Dylan Coetzee.

Daar was nie ‘n spesifieke rede hoekom Dylan Coetzee rugby geniet nie, maar hy het gesê dat hy dit baie geniet.

Freek van den Bergh.

Freek van den Bergh het groot planne vir sy toekoms, hy wil rugby nog jare lank speel.

Luan Espagh en Frederich van Coppenhagen.

Luan Espagh sê hy geniet rugby; dit gee hom kans om saam sy maatjies te hardloop en oefen.

Frederich van Coppenhagen hou baie van sy afrigter en sê hy kan nou lekker saam sy pappa rugby op die televisie kyk.

Van dié uitstappie was dit duidelik die kleuters is ingeskerp op ‘n paar vaardighede, maar die belangrikste deel, volgens die afrigter, is dat hulle dit moet geniet.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version