School sportSport

Heuwelkruin skop wintersport af

Op Saterdag, 9 Mei het Curro Heuwelkruin die gasheer gespeel vir besoekende skole, Hoërskool Eric Louw en Hoërskool Southern Cross, op hul tuisveld.

POLOKWANE – Op Saterdag, 9 Mei het Curro Heuwelkruin die gasheer gespeel vir besoekende skole, Hoërskool Eric Louw en Hoërskool Southern Cross, op hul tuisveld. Die skole het in verskillende wedstryde vriendskaplik teen mekaar deelgeneem in beide rugby en netbal ter opwarming vir die wintersportseisoen.

Die uitslae op die dag was as volg:

Meisieshokkie:

• Heuwelkruin eerste span klop Southern Cross 4-0.

• Heuwelkruin eerste span klop Eric Louw 6-1.

• o/15-span van Heuwelkruin klop die o/16-span van Eric Louw 11-0.

Rugby teen Hoërskool Eric Louw:

• o/15-span van Heuwelkruin wen 69-0.

• o/16-span van Heuwelkruin wen 53-0.

Related Articles

Back to top button