School sportSport

Spelers is gerat vir die seisoen

DIE o/10-rugbyspan van Laerskool Krugerpark is van kop tot tone gerat om die rugbyseisoen op 'n hoë noot af te skop.

MOKOPANE – DIE o/10-rugbyspan van Laerskool Krugerpark is van kop tot tone gerat om die rugbyseisoen op ‘n hoë noot af te skop.

Die seuns se klere word as volg geborg: die ligatruie en broeke deur Romanz Mokopane, vriendskaplike truie deur Goldwagen Mokopane, hemde en pette vir die toer deur Martins begrafnisdienste, khaki toerhemde deur Strike Force sekuriteit, broeke deur Arons Sport en die sportsakke deur Walkie en Karen Kruger.

“Ons is trots om die rugbyseisoen saam met die gesogte borge te begin en dankbaar dat hulle die borge van die span gaan wees tot in 2018.”

“Baie dankie vir die borgskap van die seuns se klere op en van die veld af,” sê Wikus Janse van Nieuwenhuizen, afrigter.

Die o/10-rugbyspan gaan van 23 tot 25 Maart aan die Konka toernooi in Rustenburg deelneem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button