Hiér is hokkie groot

DIE hokkiespanne van Hoërskool Piet Potgieter is vandeesweek bekend- gemaak waar die spelers elk 'n erekode ontvang het.

DIE hokkiespanne van Hoërskool Piet Potgieter is vandeesweek bekend- gemaak waar die spelers elk ‘n erekode ontvang het. Die spanne is gereed om hul teenstaanders aan te pak en ‘n groot fondsinsameling vir die hokkie- en netbalspanne word Vrydagaand by die skool gehou.

Met die Around the World aand kan die gaste aan tien lande se eetgoed smul saam met heerlike drankies. Toegang is slegs vir volwassenes. Kaartjies kos R120 en is by die skool beskikbaar. Kontak (015) 491 3201 vir besprekings.

Die gemengde hokkiespan gaan ook hul slag op die veld wys. Hier is hulle saam met hul afrigters, Wilma van Rooyen en Marlize Muller.
Die o/15-span en hul afrigter, Ansie Glover, is opgewonde om die seisoen te begin.
Afrigter Hannes de Bruyn saam met die o/16-spelers.
Die tweede span glimlag breed saam met hul afrigter, Angelique Smith.
Die o/14 span se groentjies het elk ‘n roos gekry om hul welkom te heet tydens die bekendstelling van die spanne. Saam met hulle is hul afrigter, Melanie du Toit.
Exit mobile version