Editor's noteSchool sportSport

Gerhard (14) gereed vir groot dinge

Review het met hom gesels oor sy krieketloopbaan.

POLOKWANE – Verlede week het Review berig oor die manmoedige stryd wat ‘n baie jong krieketspan van Hoërskool Pietersburg teen die eerstespan van Hoërskool Nelspruit gevoer het.

PHS se gewone eerstekrieketspan het op dieselfde dag aan die Coca-Cola T20-reeks se finale deelgeneem. Die span van PHS wat teen Hoërskool Nelspruit te staan gekom het, het hoofsaaklik uit o/15-spelers bestaan.

Hoërskool Nelspruit het uiteindelik die wedstryd met 198 lopies gewen, maar die spelers van PHS het respek afgedwing deur die veggees en goeie sportmanskap wat hulle op die veld getoon het.

Een speler van PHS wat veral uitgestaan het, was Gerhard Venter.

Hierdie 14-jarige bouler het vyf paaltjies in 10 boulbeurte geneem en slegs 50 lopies afgestaan tydens die wedstryd teen Nelspruit.

Review het met hom gesels oor sy krieketloopbaan.

“Ek kan self nie glo dat ek vyf paaltjies kon plattrek nie. Veral nie teen so ‘n goeie span soos Hoërskool Nelspruit se eerstespan nie. Dit het baie vir my beteken,” het hy gesê nadat Review hom uitgevra het oor hierdie wedstryd.

“Eers was ek baie gespanne om vir my skool se eerstespan te moes speel, maar later het ek ontspan en net my bes gedoen.”

Michelle Venter, Gerhard se ma, het vertel hoe haar seun van jongs af op hulle plaas krieket gespeel het. Sy het gesê dat hy reeds as o/9-speler talent getoon het.

Gerhard het op sy beurt vertel dat hy krieket geniet omdat dit vir hom ‘n edel spel is.

“My droom is om eendag professionele krieket te kan speel, maar ek wil ook ‘n dokter word,” het hy gesê.

In die laaste jaar van sy laerskoolloopbaan as leerder van Laerskool Pietersburg-Oos is Gerhard verlede jaar vir die o/13-Limpopokrieketspan gekies.

Gerhard het vertel dat hy onder die afrigting van Dewald Weterman oefen om aan sy tegniek op die krieketveld te skaaf.

“Ek wil graag my kolf- sowel as my boulspel verbeter,” het hy gesê.

Hy het vertel dat sy kriekethelde AB de Villiers, Chris Gale en Dale Steyn is omdat al drie hierdie spelers ‘n passie vir die spel het en die boonste sport bereik het.

“Een van my kosbaarste besittings is ‘n krieketkolf wat geteken is deur Chris Gale,” het hy gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button