School sportSport

Atletiekkoors loop hoog

Laerskool Krugerpark het Dinsdag hul bokkesport aangebied en daar is genael, gespring, gewig gestoot, spies en diskus gegooi en gesing.

DIE atletiekseisoen is nou in volle gang by die verskeie laer- en hoĆ«rskole op die dorp en daar word met mening ingeklim om ‘n plek op die wennerspodium te kry.

Laerskool Krugerpark het Dinsdag hul bokkesport aangebied en daar is genael, gespring, gewig gestoot, spies en diskus gegooi en gesing.

Aan die einde van die dag het die Rooibokke met die louere weggestap met 569 punte, gevolg deur die Blesbokke (519 punte) en die Springbokke (387 punte). Die Rooibokke het ook die sangbeker opgeraap.

Die senior Victor Ludorum is Marco McKenzie en die Victric Ludorum, Jana Nel. Keanu Potgieter het die junior Victor Ludorum-trofee gekry en Kara Janse van Rensburg die junior Victrix Ludorum.

Hierby foto’s van die dag se pret.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button