16 skole in fel stryd

Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Saterdag hulle jaarlikse Marius Lengton Atletiek-gedenk-byeenkoms aangebied waar 16 skole se atlete op baan en veld deelgeneem het.

POLOKWANE – Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Saterdag hulle jaarlikse Marius Lengton Atletiek-gedenkbyeenkoms aangebied waar 16 skole se atlete op baan en veld deelgeneem het.

Uit die 16 skole was daar vier plaaslike skole wat deelgeneem het; Tom Naudé, Hoërskool Pietersburg (PHS), Pepps Polokwane College en Curro Heuwelkruin Hoërskool. Die res was skole van Limpopo, Gauteng en Noord-Wes.

In die meisiesafdeling het die stad se skole uitstekend gevaar. PHS was eerste, Curro Heuwelkruin derde, Tom Naudé het vierde geëindig en Pepps was sewende.

In die seunsafdeling het PHS die eerste plek gewen. Pepps was vierde en Tom Naudé vyfde.

Die eerste byeenkoms is in 1986 aangebied nadat Lengton, ‘n leerder van Tom Naudé, in 985 verongeluk het.

Exit mobile version