Osies troef Suidskool op krieketveld

Laerskool Pietersburg-Oos en Laerskool Pietersburg se o/11-krieketspanne het op 2 September tydens 'n Limpopo-ligawedstryd kragte gemeet op Oosskool se velde.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos en Laerskool Pietersburg se o/11-krieketspanne het op 2 September tydens ‘n Limpopo-ligawedstryd kragte gemeet op Oosskool se velde.

Die plaaslike krieketderby het gesorg vir aanskoulike skolekrieket met Oosskool wat uitendelik as wenners uit die stryd getree het.

Die Osies het eerste ingegaan om te kolf en 138 lopies vir die verlies van vier paaltjies in in 30 beurte aangeteken.

Marco Forrester het 25 lopies aangeteken voordat hy terug na die pawiljoen gestuur is.

Heinrich Laas en Morné Henning het albei goed bygedra tot Oosskool se telling met 26 lopies nie uit nie en 30 lopies nie uit nie onderskeidelik.

Suidskool se o/11’s is daarna ingestuur om te kolf en is almal uitgeboul vir 98 lopies.

Bernard Mentz het drie paaltjies geneem en 23 lopies afgestaan.

Oosskool wen dus dié wedstryd met 46 lopies.

Exit mobile version