POLOKWANE – Atlete van hoërskole uit die noordelike streek van Limpopo het verlede Woensdag meegeding in die eerste interhoër-atletiekitem van die nuwe seisoen.
Langasem-atlete van Hoërskool Pietersburg, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Curro Northern Academy, Hoërskool Ben Voster, Hoër-skool Louis Trichardt en Hoërskool Noorderland het mekaar die stryd aangesê op die landloopbaan.
Uitslae:
Aflos vir junior meisies:
1. Hoërskool Pietersburg.
Aflos vir junior seuns:
1. HTS Tom Naudé.
2. Hoërskool Pietersburg.
3. Curro Northern Academy.
Aflos vir senior meisies:
1. Hoërskool Pietersburg.
2. Hoërskool Ben Vorster.
3. Curro Northern Academy.
Aflos vir senior seuns:
1. Hoërskool Pietersburg.
2. Hoërskool Ben Vorster.
Algehele uitslae:
1. Curro Northern Academy.
2. Hoërskool Pietersburg.
3. Hoërskool Ben Vorster.