School sportSport

Aksiebelaaide dag die op sportveld

Een van ons oud-Pieties, die Springbok-swemmer, Lyndon Ferns, se mening oor fiksheid is: "If you've never experienced true exhaustion after a workout, then you will never appreciate the feeling of winning!" Lyndon spog met 'n goue Olimpiese medalje.

Een van ons oud-Pieties, die Springbok-swemmer, Lyndon Ferns, se mening oor fiksheid is: “If you’ve never experienced true exhaustion after a workout, then you will never appreciate the feeling of winning!” Lyndon spog met ‘n goue Olimpiese medalje.

Ek is seker elke seun en dogter wat Saterdag op ons sportvelde uitdraf, verstaan waarvan Lyndon praat as hy/sy die moegheid na ‘n strawwe oefensessie beskryf. Maar ‘n oorwinning in goeie gees, maak aan die einde van die dag elke druppeltjie sweet die moeite werd.

Natuurlik is daar niks soos ‘n oorwinning om enige sportman of sportvrou se selfvertroue ‘n hupstoot te gee en sy of haar deursettingsvermoĆ« te versterk nie.

Dit is my wens dat die wedstryde wat Saterdag by PHS beslis word, in ‘n oorwinnaarsgees sal plaasvind, want om net die geleentheid te benut om deel te neem, maak reeds van elke sportman en sportvrou ‘n oorwinnaar.

Bo alles; mag God op die boonste trappie van die leer, oor elke speler wat vandag hier gaan uitdraf, wag hou. Baie welkom aan al die personeel, leerders en ouers van HoĆ«rskool Ben Vorster, HoĆ«rskool Pietersburg asook alle Pieties en Oud-Pieties. ‘n Spesiale woord van dank aan al ons personeel, wat geen moeite ontsien het om ‘n skool soos PHS op so ‘n hoe vlak te bedryf nie.

‘n Spesiale woord van dank aan Eerste Nasionale Bank wat die visie gehad het om so ‘n unieke sportreeks te borg. Julle skep regtig geleenthede vir leerders en slaag terselfdertyd daarin om spelers, personeel, ouers en selfs oud-leerders van die betrokke skole byeen te bring.

Dankie ook aan al die borge wat PHS Sport onvoorwaardelik ondersteun. U bydrae voer PHS na ongekende hoogtes.

Ons nooi almal in die gemeenskap uit om Saterdag se aksiebelaaide sportdag saam met ons te geniet.

Related Articles

Back to top button