School sportSport

Laerskool se mini-krieket pretdag

Laerskool Louis Trichardt het op 10 September 'n mini-krieket pretdag aangebied op die Bergvliet velde.

MAKHADO – Laerskool Louis Trichardt het op 10 September ‘n mini-krieket pretdag aangebied op die Bergvliet velde.

Agt spanne het deelgeneem aan die pretdag wat ge-organiseer was deur Sanrie du Plessis. Die spanne het 12 wedstryde deur die dag gespeel wat elk een uur geduur het.

Die hitte en brandende son het nie die krieketspelers van stryk gebring nie. Die doel van die dag was sodat kinders en hul ouers die dag saam kon geniet, het Sanrie vertel.

“Daar is nie meer baie skole wat mini-krieket aanbied nie en dis hoekom ons besluit het om ‘n mini-krieket pretdag aan te bied vir Laerskool Louis Trichardt se leerlinge,” sĂȘ Sanrie.

Elke speler het ‘n medalje en ‘n sertifikaat ontvang.

Dean Engelbrecht het die trofee gewen vir die meeste sesse geslaan, Derrick Barnard is aangewys as die speler wat die meeste viers geslaan het en die speler wat die meeste paaltjies geneem het, was Heinrich van Wyk.

Related Articles

Back to top button