2 x brons by SA’s vir Polokwane gimnas (15)

Hugo du Plessis beoefen dié sportsoort reeds ‘n dekade lank, en droom daarvan om eendag aan die Olimpiese Spele deel te neem.

POLOKWANE – Hugo du Plessis (15) is reeds 10 jaar al ‘n kranige gimnas en vanjaar het hy die provinsie by die Suid-Afrikaanse GimnastiekkKampioenskappe verteenwoordig.

Hy is ‘n leerder by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en ‘n lid van die Gymstars gimnastiekakademie.

Tydens die kampioenskappe wat in Kuilsrivier plaasgevind het, het Hugo twee brons medaljes verower, vertel hy.

“Ek het aan die begin van die kompetisie foute gemaak wat my hele gemoed beïnvloed het. My moed was in my skoene en toe vaar ek nie so goed die res van die tyd nie.”

Hugo het deelgeneem in rekstok, vloer, spronge, pommel, ringe en brug. Hy het die medaljes in ringe en brug verdien.

“Ringe en reksprong is vir my die lekkerste. Ek is ‘n vlak ses gimnas en beoefen verskillende apparate. My afrigter is Duncan Tilburn. Hy is ook my rolmodel.”

Hugo droom daarvan om een dag aan die Olimpiese Spele deel te neem.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version