Limpopo ruiters spring hoog by SA’s

Met net meer as 699 ruiters wat deelneem, Limpopo is deur vier ruiters verteenwoordig by die SA Youth Show Jumping Championships.

POLOKWANE – Durban Shongweni Equestrianklub in KwaZulu-Natal het in Junie en Julie gasheer gespeel vir die SA Youth Show Jumping Championships.

Limpopo is deur vier ruiters verteenwoordig by die kampioenskappe. Om deel te neem aan die kampioenskappe moes ruiters binne hulle hoogte kategoriëe kwalifiseer.

Daar was ‘n paneel van keurders wat die prestasie van beide die ruiter en die perd deur die jaar geevalueer het.

Die Limpopospan: Hendro van Niekerk, Lyandi van der Merwe, Chicago Ferreira en Jeanri van der Merwe.

Dit was die eerste keer wat twee van die ruiters, Jeanrie van der Merwe en Chicago Ferreira, in Hoërskool Pietersburg is en saam aan die kampioenskappe kon deel neem.

Dit was wel Chicago se tweede jaar om Limpopo by hierdie geleentheid te verteenwoordig.

Met net meer as 699 ruiters wat deelneem, vat Limpopo die vierde plek in die 90cm Inter-Provincial Championship Class.

Die ruiters bedank hulle ouers wat hulle en die perde veilig in Durban en weer terug vervoer het, die borge en stalknegte.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version