Local sport

Die Bosvel-renklub bied die Nasionale Hotrod-toer aan

Renjaers van regoor die land het bymekaargekom om mekaar in Mokpane vir die Nasionale Hotrod-toer uit te daag.

MOKOPANE – Terwyl die land ‘n laaste kouefront beleef so in die lente, met sterk wind wat plaaslik waai, het dit renjaers Saterdag beslis nie afgeskrik nie.

Die Bosveld Wedrenklub het weer die voorreg gehad om ‘n been van die National Hotrod Tour (NHT) aan te bied.

Die NHT toer deur die hele land en bied vyf bene aan.

Die baan het uit sy nate gebars met al die jaers en toeskouers. Die volgende en laaste been vir die jaar word einde November in Klerksdorp gehou.

Die flexi’s-voertuie toer saam met die hotrods en het vir baie opwindinde en stofbelaaide aksie gesorg. Die junior stockrods, stockrods, pinkrods, 1660 tintops, 1660 modifieds, 2L hotrods en 2L modifieds het vervolgens vir net soveel aksie gesorg.

Renjaers van Mahem Raceway (Pretoria), The Rock (Brakpan), Rietkuil, Polokwane, Star Raceway (Klerksdorp) en Richardsbaai het mekaar in die verskeie klasse die stryd aangesê.

Die enjins het behoorlik gebrul op die baan met baie opwinding en aksie in al die klasse. Die groot hoogtepunt was natuurlik die hotrodmanne wat vir die wenplek gejaag het.

Die hotrodwenner van die dag, Kosie Weyers van Cape Hell Drivers het die vinnigste tyd om die baan opgestel van 00:12:77.

Bosveld Wedrenklub bedank al die borge wat elke klas se trofee geborg het en bedank elke ondersteuner wat die klub en sport lojaal ondersteun.

“Baie dankie aan die drywers wat hard gewerk het om hulle motors reg te hê vir die byeenkoms. Dit het baie harde werk gekos om die baan reg te kry om die groot byeenkoms aan te bied, daarom moet die komitee ‘n baie groot dankie gee vir al die klublede wat saam baie hard gewerk het om alles in plek en reg te kry. Aan die beamptes wat hard werk op die dag en seker maak alle reëls word gevolg en sake verloop vlot, ons kan nie ‘n byeenkoms sonder julle aanbied nie. Baie dankie vir die tyd wat julle opoffer om vir die jaers en publiek die geleentheid te gee om die sport te geniet,” het ‘n verteenwoordiger van die klub gesê.

Bosveld Wedrenklub nooi almal uit om die laaste klub byeenkoms van die jaar te kom ondersteun op Saterdag, 26 Oktober.

Daarna gaan almal ‘n bietjie rus en hard werk aan hulle motors tot volgende jaar.

Uitslae:

Junior Stockrods
1. Tristen Lewis.
2. Giovanni Fiorotto.
3. Johan Griezel.

Stockrods
1. Ewald van Straaten.
2. AJ Oelofse.
3. Karlo Ruytenberg.

2L Hotrods
1. Gavin Botha.
2. Gerhard Koekemoer.
3. Donovan Duffy.

2.1L Modified
1. André Swart.
2. Wian Jordaan.
3. Anton Makkink.

1660 Tintops
1. Allen Cunningham.
2. SJ Pieters.
3. Stephan Pieters.

1660 Modified
1. Francois Engelbrecht.
2. James Cunningham.
3. Schalk Smith Junior.

Pinkrods
1. Cherise Venter.
2. Susan van Jaarsveld.

Die NHT uitslae:
Top vyf kwalifiseerders
1. Kosie Weyers (12.773).
2. Edwin van Niekerk
(13.053).
3. Rian van Niekerk
(13.104).
4. Seef Fourie (13.104).
5. WB van Niekerk (13.108).

Finale rondte
1. Kosie Weyers.
2. Edwin van Niekerk.
3. Seef Fourie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Tanaiya Lees

"Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button