Skeie vir goeie punte

Hoër-en laerskooljukskeispeeers het verlede Vrydag gereed gemaak vir die vierde liga wat op die Pietersburg Jukskeibane gehou is.

POLOKWANE – Terwyl die son warm op die jukskeibane neerbak het hoër- en laerskooljukskeispelers Vrydag gereed gemaak vir die vierde liga wat op die Pietersburg Jukskeibane gehou is.

Skole wat deelgeneem het sluit in plaaslike skole Oosskool, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Pietersburg Laerskool (PLS) en Hoërskool Pietersburg (PHS).

Laerskool Krugerpark (KP) en Hoërskool Piet Potgieter (HPP) van Mokopane het ook spanne ingeskryf asook Hoërskool Frikkie Meyer, Modubatse High School en Laerskool Dendron.

Fred Scott van Tom Naudé in aksie.

Uitslae:

Laerskool:
• Seuns A:
1. KP met 54½ punte.
2. Oosskool met 54 punte.
3. PLS met 37½ punte.

• Meisies A:
1. Oosskool met 52½ punte.
2. KP1 met 46½ punte.
3. KP2 met 42 punte.

• Seuns B:
1. Dendron met 66½ punte.
2. Oosskool met 65 punte.
3. PLS met 60 punte.

Meisies B:
1. KP met 49½ punte.
2. Oosskool met 47 punte.
3. KP2 met 42 punte.

• Seuns C:
1. Oosskool met 36 punte.
2. Dendron met 33½ punte.
3. KP1 met 20½ punte.

• Meisies C:
1. KP1 met 42 punte.
2. Oosskool met 35 punte.
3. Dendron met 33½ punte.

Hoërskole:
• o/16A seuns:
1. PHS met 32.5 punte.
2. HPP met 29 punte.
3. Tom Naudé met 27.5 punte.

• o/16A meisies:
1. Tom Naudé met 31 punte.
2. HPP met 30 punte.
3. PHS met 29 punte.

• o/19A seuns:
1. HPP1 met 65.5 punte.
2. Tom Naudé met 50 punte.
3. HPP2 met 43 punte.

• o/19A meisies:
1. PHS met 63 punte.
2. HPP2 met 40 punte.
3. HPP1 met 39.5 punte.

• o/19B seuns:
1. Tom Naudé met 31,5 punte.
2. HFM met 60 punte.
3. HPP met 28.5 punte.

• Gemeng:
1. MOD met 89.5 punte.
2. Tom Naudé met 60.5 punte.
3. HFM met 58 punte.

• A spanne totaal:
1. HPP met 164,5 punte.
2. PHS met 124.5 punte.
3. Tom Naudé met 108.5 punte.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version