Local sport

Bosveld atlete hou Limpopo se naam hoog

Wian Prinsloo, Petri Grobler, Micke Prinsloo en Gerard Kruger het Potties se naam hoog gehou in dié span, waar ongeveer 1 000 atlete van regoor die land meegeding het.

MOKOPANE – Plaaslike atlete was goed verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse tweekampkampioenskappe verlede naweek in Bloemfontein.

Wian Prinsloo, Petri Grobler, Micke Prinsloo en Gerard Kruger het Potties se naam hoog gehou in dié span, waar ongeveer 1 000 atlete van regoor die land meegeding het.

Die kriteria by die SA’s vereis dat die junior atlete ‘n 400m moet hardloop in ‘n sekere tyd, saam met ‘n 50m swem in ‘n sekere tyd waarvan die punte dan bymekaar getel word.
Die senior atlete moet ‘n 800m hardloop en ‘n 100m swem in ‘n sekere tyd.

“Daar was ongelooflik baie atlete met baie talent. By die o/19-seuns het die top atleet die 800m gehardloop in ‘n tyd van 01:57.99 wat briljant is en die swemtyd vir 100m was 00.55.70.
Die standard is baie hoog,” vertel Armanda Kruger.

Gerard Kruger neem deel in die seuns o/19-afdeling.

Wian Prinsloo het in die seuns o/11 deelgeneem en sy hardlooptyd was 01:23.99 en sy swemtyd 00:44.75 wat vir hom ‘n totaal gee van 2022.27 punte en hy behaal die 62ste plek uit 85 atlete.

Petri Grobler neem deel in die seuns o/15 en behaal ‘n hardlooptyd van 02:29.50 en ‘n swemtyd van 01:05.55, en dit besorg aan hom ‘n totaal van 2064.25 punte wat hom 11de op die telbord plaas uit 70 atlete.

Micke Prinsloo neem deel in die meisies o/17-afdeling.

Micke Prinsloo neem deel in die meisies o/17 en hardloop ‘n tyd van 02:40.04, sy swem ‘n tyd van 01:13.36 en behaal ‘n totaal van 2034.12 punte – sy lê 16de op die telbord uit 75 atlete.

Gerard Kruger het in die seuns o/19 afdeling deelgeneem en hardloop ‘n tyd van 02:21.48, met ‘n swemtyd van 01:15.87 wat vir hom ‘n totaal gee van 1975.69 punte, en hy behaal die 46ste plek uit 63 atlete.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button