Caslien is tuis op haar perd se rug

Caslien Strydom, die enigste ruiter in Pietersburg Laerskool, het aan die Limpopo kwalifiserende rondte van die Western Mounted Games op vlak twee deelgeneem.

POLOKWANE – Caslien Strydom het oor die naweek van 3 en 4 Februarie in Groblersdal aan die Limpopo kwalifiserende rondte van die Western Mounted Games op vlak twee deelgeneem.

Caslien (13) is die enigste ruiter in Pietersburg Laerskool en het al vele prestasies agter haar naam. Sedert sy op 18 maande die eerste keer op ‘n perd se rug gesit het, het sy byna nooit weer afgeklim nie.

Verlede jaar is sy aangewys as die vlak twee laerskole beste ruiter van die jaar en Sanesa ruiter van die jaar by die Sanesa en SAWMGA se prysuitdelingsfunksies.

Sy het ook trofeë vir ‘n jaar se deelname met twee perde en deelname aan die nasionale kampioenskappe in Parys ontvang.

Caslien se eerste perd, Goudhoek Umfaan het sy in 2020 gekry en het na die grendeltydperk begin meeding. Intussen het sy ook vir Enduro Sangria gekry en ry sy soms op haar ma se perd, Blue Steel.

Haar nuutste prestasies is:

• Sanesa Skole divisie:

Twee eerste plekke vir Quadrangle en Figure 8 flags (vlaggies).

Drie tweede plekke vir Hurry scurry (spronge), Bi-Rangle en Single Stake Race.

Algeheel behaal sy ‘n eerste plek en word aangewys as kampioen.

PLS behaal ‘n eerste plek in vlak twee met 47 punte.

• Ope-afdeling: Sawmga:

Twee eerste plekke in Quadrangle en Figure 8 flags.

Drie tweede plekke in Bi-Rangle, Hurry scurry en single stake.

Algeheel behaal sy ‘n eerste plek en word aangewys as kampioen.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version