Local sport

Ion Baciu-stoeiers blink uit tydens kampioenskappe in Pretoria

Volgens hulpafrigter Roedie Roets word stoei as die beste basisvorm vir enige aktiwiteit, fisiek of geestelik beskou en hy raai ouers aan om stoei as sportsoort vir hulle kinders te oorweeg.

POLOKWANE – ‘n Stewige span van 22 stoeiers van die Ion Baciu Stoeiklub het onlangs aan die SA Jeugstoeikampioenskappe by die LC de Villiers Stadion in Pretoria deelgeneem en met armsvol medaljes teruggekeer.

Bernard Putter, Cayden Steyn, Mianter de Wet en Katelyn Swan het goue medaljes om hul nekke gehang, terwyl Ethan Carson, Rein van der Walt, Keagan Smuts en Gerhard Swan met silwer medaljes weggestap het. Auwke Jongbloed, Sean Landman, Sion Vogel, Jacus de Wet, Luke Carson, Wilhelm von Ludwig en Andru de Beer het brons medaljes ingepalm.

Jeremy Greyling, Jason Fourie, Righardt Kuhn, Carter Rosendorff, Xavi Texeira en Ferdinand von Ludwig het ook aan die kampioenskappe deelgeneem en het sertifikate ontvang.

Andru de Beer, Mianter de Wet, Bian en Ruan Meintjes, Katelyn Swan, Marais Hattingh, Roedie Roets en Lucius van Rensburg het ook aan die proewe vir die 2024 Afrika Kontinentale Kampioenskappe deelgeneem en wag opgewonde op die aankondiging van die name van die span wat binnekort verwag word.

Stoeiers van die klub oefen Maandae tot Donderdae tussen 15:00 en 19:00 by hul klubhuis by die Gateway Internasionale Lughawe en volgens hoofafrigter Jan Roets is stoeiers vanaf drie jaar oud welkom om aan te sluit.

Roets rig stoeiers al meer as 25 jaar af, af en is trots op die klub se 50 lede.

“Twee van ons stoeiers, Steyn de Lange en Lucius van Rensburg is tans in die VSA om hulle voor te berei vir verdere deelname. Hulle het in 2021 albei brons medaljes tydens die wêreldkampioenskappe in Rusland verwerf en Lucius het gedurende 2013 reeds ‘n brons medalje in die Republiek van Servië gewen,” vertel Roets.

Volgens hulpafrigter Roedie Roets word stoei as die beste basisvorm vir enige aktiwiteit, fisiek of geestelik beskou, en hy raai ouers aan om stoei as sportsoort vir hulle kinders te oorweeg. “Dit is ons ervaring dat stoeiers ook op ander terreine uitblink,” meen hy.

Die klub se sekretaresse, Lizette Putter, kan by 082 823 2149 bereik word.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button