Local sport

Hulde aan plaaslike vroueskopboksers

Vrouestudente by die Limpopo Province Kickboxing Academy geniet hierdie sport terdeë. In hierdie berig vertel hulle meer oor hoe hulle betrokke geraak het.

POLOKWANE – Limpopo Province Kickboxing Academy (LPKA) se Shihan, Nico Myburgh snr, sê dit is belangrik om hulde te bring aan die vroueskopboksstudente in dié klub. Hy vertel hulle is ywerig om hard te werk en mis nie sommer ‘n oefening nie. Hulle het vanjaar ook goed gevaar in die verskeie toernooie waaraan hulle deelgeneem het.

 

Maryna Peyper (47).
1. Wanneer het jy met skopboks begin: 2003.
2. Waarom het jy begin: Om selfverdediging aan te leer.
3. Watter kleur gordel het jy: Ek is nou swart gordel, derde graad.
4. Watter vaardighede het die sport jou geleer: Selfvertroue en dissipline.
5. Wat wil jy in skopboks bereik: Ek wil graag dubbelwêreldkampioen word.
6. Waarom is LPSKKA die beste klub: Ons leer wonderlike vaardighede aan en ons instrukteurs is van top gehalte.
7. Wat was vir jou die uitdagendste deel van skopboks, en hoe het jy dit bemeester? Die graderings. Ek het geleer van ‘mind over matter’.
8. Wat is die hoogste prestasie wat jy al bereik het: Suid-Afrikaanse kampioen en sensei.
9. Wie is jou skopboksrolmodel en hoekom: Shihan Nico Myburgh jnr. is my rolmodel. Hy is ‘n baie goeie vegter en het al baie in die sport bereik.
10. Hoe sal jy iemand anders oortuig om ook aan skopboks deel te neem: Ek sal mense uitnooi na ‘n oefening, die sport spreek vanself.
11. Wie is jou grootste teenstander: Brittany Francis Crocker van Gauteng.
12. Wat is die belangrikste eienskap om te hê as jy skopboks wil beoefen: ‘n Gesonde lyf, deursettingsvermoë en baie selfbeheer.

 

Leandri Peyper (21)
1. Wanneer het jy met skopboks begin: Op vyf- of sesjarige ouderdom.
2. Waarom het jy begin: Terwyl die res van my familie geoefen het, was ek saam met hulle en ek het later besluit om ook te begin oefen.
3. Watter kleur gordel het jy: Swart gordel senior eerste dan.
4. Watter vaardighede het die sport al vir jou geleer: Geduld, kommunikasie, spanwerk en selfbeheer.
5. Wat wil jy in skopboks bereik: Ek wil ‘n wêreldwye kampioen wees.
6. Waarom is LPSKKA die beste klub om aan te behoort: Ons leer altyd iets anders en elke sensei het iets anders in gedagte om ons te verbeter. Hulle gee aandag aan elke skopbokser en hulle pas ons mooi op. Hulle leer ons om saam te werk as ‘n span en dat LPSKKA nie net ‘n klub is nie, maar ‘n familie.
7. Wat was vir jou die uitdagendste deel van skopboks, en hoe het jy dit bemeester: Toe ek ‘n junior was het sensei my altyd in die diep water gegooi om teen die seniors te baklei. Dit het my geleer om my vrees vir skopboksers met hoër gordels te oorkom. Ek het dit bemeester deur te luister wat sensei langs die mat sê, terwyl ek baklei.
8. Wat is jou hoogste prestasie wat jy al bereik het: Junior swart gordel.
9. Wie is jou skopboksrolmodel en hoekom: Dit sal shian Nico Myburgh wees. Sy tegniek is uitstekend.
10. Hoe sal jy iemand anders oortuig om ook aan skopboks deel te neem: Ek hoef nie hulle te oortuig nie. Na die eerste oefening sal hulle so verbaas wees dat hulle sal wil bly en uitvind hoe lekker dit eintlik is.
11. Wie is jou grootste teenstander: My sensei.
12. Wat is die belangrikste eienskap vir iemand wat skopboks wil beoefen: Tegniek, wees oopkop en selfbeheersing.

 

Mignon Bronkhorst (15)
1. Wanneer het jy met skopboks begin: 2020.
2. Waarom het jy begin: Om my selfvertroue te leer en myself te leer om nie terug te staan vir mense nie.
3. Watter kleur gordel het jy: Swart gordel.
4. Watter vaardighede het de sport jou geleer: Dit het my geleer om my vorm reg te kry en om my balans beter te kry.
5. Wat wil jy in skopboks bereik: Ek wil graag wêreldkampioenskappe toe gaan.
6. Waarom is LPSKKA die beste klub om aan te behoort: Daar is goeie sportmanskap, goeie spanbou, en ons help waar ons kan. Ons los nie net iemand op hulle eie as ons sien hulle sukkel nie, en ons probeer ons beste om te kyk wat is die kind se vermoë is.
7. Wat was vir jou die uitdagendste deel van skopboks, en hoe het jy dit bemeester: Veg en kata. Ek het dit bemeester deur uit my foute te leer en dit te probeer reg te maak.
8. Wat is jou hoogste prestasie wat jy al bereik het: Suid-Afrikaanse kleure.
9. Wie is jou skopboksrolmodel en hoekom: Christo Nortman. Hy het my gewys en geleer, dit maak nie saak hoe moeg jy word of hoe seer jy het nie, jy klim op die mat en gaan aan tot op die einde.
10. Hoe sal jy iemand anders oortuig om ook aan skopboks deel te neem: Deur vir hulle te wys wat ons alles kan doen en deur te verduidelik hoe dit vir jou voordelig kan wees sou jy in ‘n moeilike situasie beland.
11. Wie is jou grootste teenstander: Niemand regtig, maar dit is altyd lekker om teen my vriendin Nika van der Merwe te baklei.
12. Wat is die belangrikste eienskap om te hê as jy skopboks wil beoefen: Ek sal sê jy moet goeie dissipline hê. Jy gaan moet leer om in ‘n span saam te werk. Respek vir dié wat langer as jy daar is en natuurlik gaan jy moet leer om dit te geniet, op die goeie en die slegte dae.

 

Caitlen Nortman (17)
1. Wanneer het jy met skopboks begin: 2016.
2. Waarom het jy begin: Ek was deur ander kinders geboelie en kon myself nie verdedig nie.
3. Watter kleur gordel het jy: Junior swart eerste dan.
4. Watter vaardighede het dit al vir jou geleer: Selfverdediging, selfbeheer en selfdissipline.
5. Wat wil jy in skopboks bereik: Ek wil ‘n sensei word.
6. Waarom is LPSKKA die beste klub om aan te behoort: Dit is ‘n eerlike en opregte klub, jy word nie net gegradeer omdat die sensei wil he jy moet nie, jy moet op die regte standaard wees.
7. Wat was vir jou die uitdagendste deel van skopboks, en hoe het jy dit bemeester: Een van die skoppe wat ek mee gesukkel het, het ek op die ou einde na baie oefening reggekry.
8. Wat is die hoogste prestasie wat jy al bereik het: Om wêreldkampioen te wees.
9. Wie is jou skopboksrolmodel en hoekom: Jean Claude van Damme, hy is ‘n goeie vegter en wen altyd.
10. Hoe sal jy iemand anders oortuig om ook aan skopboks deel te neem: Dit is goeie oefening en jy leer hoe om jouself te verdedig.
11. Wie is jou grootste teenstander: My boetie Sempai Christo, want hy is vinnig en goed, en ek kon hom nog nooit klop nie, maar sal dit graag eendag wil regkry.
12. Wat is die belangrikste eienskap om te hê as jy wil skopboks: Uithouvermoë.

 

Cybella Fourie (9)
1. Wanneer het jy met skopboks begin: 2020.
2. Waarom het jy begin: Vir die oefening en om myself te kan beskerm.
3. Watter kleur gordel het jy: Groen.
4. Watter vaardighede het dit al vir jou geleer: Om meer uithouvermoë en selfvertroue te hê.
5. Wat wil jy in skopboks bereik: Ek sal daarvan hou om ‘n sensei te word sodat ek ook ‘n klas kan aanbied.
6. Waarom is LPSKKA die beste klub om aan te behoort: Die beste Sensei en Shian is in dié klub.
7. Wat was vir jou die uitdagendste deel van skopboks, en hoe het jy dit bemeester: Om nie bang te wees in kompetisies nie.
8. Wat is die hoogste prestasie wat jy al bereik het: By 2023 se FCMA SA’s het ek goud vir beide veg en kata behaal.
9. Wie is jou skopboksrolmodel en hoekom: Shian Nico Myburg (jnr.) – vir my is hy die beste in skopboks.
10. Hoe sal jy iemand anders oortuig om ook aan skopboks deel te neem: Dit hou jou fiks en gee jou selfvertroue en selfbeheersing.
11. Wie is jou grootste teenstander: Ek het nie een nie.
12. Wat is die belangrikste eienskap om te hê as jy wil skopboks: Goeie sportsmanskap.

 

Nika van der Merwe (16)
1. Wanneer het jy met skopboks begin: 2020.
2. Waarom het jy begin: Ek het voorheen nooit sport beoefen nie en ek wou iets nuuts probeer.
3. Watter kleur gordel het jy: Pers.
4. Watter vaardighede het dit al vir jou geleer: Om binne en buite die klub, selfbeheersing toe te pas.
5. Wat wil jy in skopboks bereik: Ek wil baie graag ook ‘n sensei word sodat ek met die juniors kan help.
6. Waarom is LPSKKA die beste klub om aan te behoort: Ek het baie respek vir my sensei en shian en ons is soos ‘n groot familie.
7. Wat was vir jou die uitdagendste deel van skopboks, en hoe het jy dit bemeester: Om nie kwaad te word nie. Dit is steed met tye ‘n uitdaging en ek is nog steeds besig om te leer.
8. Wat is die hoogste prestasie wat jy al bereik het: By die 2023 Wako SA’s het ek twee silwer medaljes vir veg en een goud vir kata gekry.
9. Wie is jou skopboksrolmodel en hoekom: Rose Namajunas omdat sy vir almal en haarself bewys het dat sy die beste kan wees.
10. Hoe sal jy iemand anders oortuig om ook aan skopboks deel te neem: Dit bou jou selfvertroue en
karakter.
11. Wie is jou grootste teenstander: Ek weet nie wat die meisie se naam is nie, maar ek by Wako SA teen haar geveg en silwer behaal.
12. Wat is die belangrikste eienskap om te hê as jy wil skopboks: Uithouvermoë, aangesien die oefeninge
soms moeilik kan word. Goeie sportsmansgees.

 

Chantelle Broekman (15)
1. Wanneer het jy met skopboks begin: 2021.
2. Waarom het jy begin: Ek het nog altyd ‘n belangstelling in gevegskuns gehad en tydens die grendelstaat met die Covid-19 pandemie was skopboks ‘n manier om fiks te bly en uit die huis te kom.
3. Watter kleur gordel het jy: Blou.
4. Watter vaardighede het dit vir jou geleer: Dit het my self dissipline geleer en die vermoë om my fiksheid op ‘n hoë standaard te kry.
5. Wat wil jy in skopboks bereik: Ek wil ‘n swart gordel behaal en eendag aan die wêreldkampioenskappe deelneem.
6. Waarom is LPSKKA die beste klub om aan te behoort: Ons almal wat aan die klub behoort is soos een groot familie. Daar is ook goeie spangees en kwaliteit opleiding.
7. Wat was vir jou die uitdagendste deel van skopboks, en hoe het jy dit bemeester: Om al die nuwe bewegings te leer en die manier hoe ek dit bemeester het was deur daagliks by die huis te oefen.
8. Wat is die hoogste prestasie wat jy al bereik het: ‘n Goue medalje by die SA-kampioenskappe.
9. Wie is jou skopboksrolmodel en hoekom: Dricus du Plessis. Alhoewel hy nou vir UFC veg, het hy ook by skopboks begin en van daar af gebou tot waar hy nou is. Sy toewyding en wil om te wen is ook baie inspirerend.
10. Hoe sal jy iemand anders oortuig om ook aan skopboks deel te neem: Ek sal die persoon vertel van al die voordele van die sport en nooi om een aand te kom kyk of dalk saam te oefen sodat hulle self die voordele kan sien.
11. Wie is jou grootste teenstander: Moche du Plessis.
12. Wat is die belangrikste eienskap om te hê as jy wil skopboks: Goeie uithouvermoë, selfbeheersing en fokus.

 

Annelize Broekman (12)
1. Wanneer het jy met skopboks begin: 2021.
2. Waarom het jy begin: Ek en my sussie het besluit om dit saam te doen en ons was lus vir iets anders.
3. Watter kleur gordel het jy: Groen drie.
4. Watter vaardighede het dit al vir jou geleer: Om dissipline te hê en nie net op te gee nie.
5. Wat wil jy in skopboks bereik: Ek wil graag ‘n swart gordel verwerf en in die Springbokspan opgeneem word.
6. Waarom is LPSKKA die beste klub om aan te behoort: Hulle leer om dissipline te hê en druk jou om jou beste doen.
7. Wat was vir jou die uitdagendste deel van skopboks, en hoe het jy dit bemeester: Om die bewegings reg te doen was moeilik. Ek het dit reg kry, maar dit verg baie oefening en selfvertroue. Wat lekker is, is dat niemand lag of sleg oor jou praat nie, hulle was ook daar en het self nie geweet wat om te doen nie.
8. Wat is jou hoogste prestasie wat jy al bereik het: Met my tweede jaar van skopboks het ek drie goue medaljes gekry by die SA-kampioenskappe.
9. Wie is jou skopboksrolmodel en hoekom: My suster, Chantelle, is my rolmodel, want sy druk haarself en gee nie op nie.
10. Hoe sal jy iemand anders oortuig om ook aan skopboks deel te neem: Ek sal hulle die voordele vertel en hoe dit iemand kan verander.
11. Wie is jou grootste teenstander: Mieke Fourie is my grootste teenstander.
12. Wat is die belangrikste eienskap om te hê as jy wil skopboks: Selfvertroue.

Angelique Bronkhorst (12)

  1. Wanneer het jy met skopboks begin: Toe ek nege was.
  2. Waarom het jy begin: Ek wil myself kan verdedig en vir myself kan opstaan.
    3. Watter kleur gordel het jy: junior swart.
    4. Watter vaardighede het skopboks jou geleer: Om uit my gemaksone te beweeg en nie bang te wees nie.
  3. Wat wil jy in skopboks bereik: Ek het klaar my provinsiale kleure so ek werk nou vir my nasionale kleure.
    6. Waarom is LPSKKA die beste klub om aan te behoort: In die drie jaar wat ek by hulle is het ek al hoë hoogtes bereik en jy word raak gesien vir wie jy is en wat jy kan bereik.
    7. Wat was vir jou die uitdagendste deel van skopboks, en hoe het jy dit bemeester: Ek hou nie daarvan om die vol-kontak  te doen nie, maar wanneer ons nou oefen weet ek dat ek my gesig moet beskerm en dat ek self ‘n hou of twee in die gesig kan gee.
  4. Wat is jou hoogste prestasie wat jy al bereik het: Provinsiale kleure.
  5. Wie is jou skopboksrolmodel: Wonder Boy, ‘n UFC vegter.
  6. Hoe sal jy iemand anders oortuig om ook aan skopboks deel te neem: Dit help met selfverdediging en jy leer hoe om vir jouself op te staan. Jy hoef nie terug te staan vir ander nie.
  7. Wie is jou grootste teenstander: Ek het haar nog nie ontmoet nie.
  8. Wat is die belangrikste eienskap om te hê as jy wil skopboks: Selfvertroue.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button