Brave stoeiers wapper Limpopovlag by SA’s

Afrigter Rudie Botha is baie trots op die drie seuns se prestasies wat deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse Jeug- en Juniorstoeikampioenskappe.

LIMPOPO – Drie stoeiers van die Brave Stoeiklub het die naweek in Pretoria aan die 2023 Suid-Afrikaanse Jeug- en Juniorstoeikampioenskappe deelgeneem.

Vir PJ de Klerk, Darius Keet en Dawie de Klerk was dit die eerste keer dat hulle saam met 30 ander Limpopostoeiers aan die kampioenskappe deelgeneem het.

Daar was meer as 600 stoeiers wat die nege provinsies verteenwoordig het. Die drie brawe stoeiers vertel dat hulle dankbaar is vir die geleentheid om Limpopo by die nasionale kampioenskappe te kon verteenwoordig.

PJ de Klerk, Darius Keet en Dawie de Klerk saam afrigter Rudi Botha.

Wat hulle daar geleer het, vertel hulle, is dat stoeitegniek ‘n baie groot rol speel.

“Ons gaan nou al die harde werk insit om weer volgende jaar in die span te wees en om ‘n paar wen plekke los te stoei,” vertel hulle.

Afrigter Rudie Botha is baie trots op die drie seuns se prestasies.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version