Balle rol by Polokwane Rolbalklub se Bosveldtoernooi

Alhoewel daar wel baie senior burgers is wat rolbal beoefen, is daar deesdae net so baie jonger mense en selfs kinders wat die balle heerlik saamrol.

POLOKWANE – Dat dit ‘n sportsoort vir oumense is, is maar net een van die wanopvattings wat die ronde doen oor rolbal.

En ja, alhoewel daar wel baie senior burgers is wat dié sport beoefen, is daar deesdae net so baie jonger mense en selfs kinders wat die balle heerlik saamrol.

Dirk de Wit in aksie.

Tydens die afgelope naweek se Polokwane Rolbalklub se Bosveldtoernooi, het 28 spanne van drie spelers elk deelgeneem – met ‘n allemintige 94 spelers van regoor Limpopo wat by die plaaslike klub byeengekom het.

San de Wit hou haar oog op die witbal.

Nie eens die wispelturige weer kon spelers keer om hul beste voetjies voor te sit nie.

Freddy de Beer is reg om die bal te rol.

Rolbal word op ‘n grasbaan gespeel, en daar is twee balle per speler.

Die wit bal word aan die begin van die ronde na die oorkant van die veld gerol, waarna die spelers moet probeer om hulle balle so na as moontlik aan die witbal, wat die Jack genoem word, te rol.

Punte word toegeken op grond van wie naaste aan die wit bal is – die bal wat naaste aan die witbal lê, teken vier punte aan; die een wat tweede naaste lê, drie punte.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version