Local sport

Karatekas gaan vernuf in Kaapstad wys

Volgens sensei Marcia van Niekerk is die byeenkoms gekenmerk deur sport van 'n hoë standaard en het sy geen bekommernis dat haar studente hul nie goed van hul taak sal kwyt nie.

POLOKWANE – Karatekas van die Kimura Shukokai Karate het met die louere uit die stryd getree toe hulle onlangs aan die Kimura Uitdagingstoernooi in Johannesburg deelgeneem het, en is nou baie opgewonde en gereed om hul vernuf later vandeesmaand tydens die internasionale Kimura Shukokaikampioenskappe in Kaapstad te beproef.

Die toernooi in Johannesburg is deur deelnemers van al die provinsies en ‘n paar buurlande bygewoon en James en Harry Marais, Duan le Roux, Saricia Cronje, Vanessa Cronjé en Georgia Funnell het almal silwer of bronsmedaljes verwerf.

Volgens sensei Marcia van Niekerk is die byeenkoms gekenmerk deur sport van ‘n hoë standaard en het sy geen bekommernis dat haar studente hul nie goed van hul taak sal kwyt nie.

“Ons is hard aan die werk om Limpopo goed te kan verteenwoordig met die kampioenskappe en is trots om soveel deelnemers in die Suid-Afrikaanse span te hê. Ek wens almal baie sterkte toe,” sê Van Niekerk.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button