Armdrukkers tops by Arnold Classic

Saam met Robi Roos het Danie en Liana Fourie weer aan die jaarlikse Arnold Classic Sports Festival Africa deelgeneem en heelwat medaljes huis toe gebring.

POLOKWANE – Danie en Liana Fourie van Lynx Arm Wrestling is welbekend vir hulle prestasies tydens verskillende armkrul en armdrukkompetisies.

Saam met Robi Roos het hulle weer aan die jaarlikse Arnold Classic Sports Festival Africa deelgeneem en heelwat medaljes huis toe gebring.

Die sportbyeenkoms was vanjaar vir die sesde keer gehou, en van 19-21 Mei in Johannesburg.

Daar is by die 40 verskillende sportkodes waaraan atlete kan deelneem waarvan die armdruk slegs een is.

Danie het o/90kg ingeweeg en 72.5kg gedruk in die Strict Arm Curls.

Liana Fourie is besig om Strict Arm Curls te doen.

Hy het beide die o/90kg meesters- en seniorafdelings gewen met beide sy regter- en linkerarm.

Liana het in die o/65kg klas deelgeneem en met 37.5kg dié klas gewen.

Robi het met die beker vir die sterkste Strict Arm Curler weggestap nadat hy o/100kg ingeweeg het.

Hy het eerste in sy klas geëindig en algemeen in die Strict Arm Curls, en ook ‘n eerste plek behaal in die o/110kg armdrukafdeling.

Beide Danie en Liana het die Suid-Afrikaanse rekords wat hulle in 2016 opgestel het, weer verbeter.

Die volgende kompetisie waaraan Danie, Liana en Robi gaan deelneem is die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe aan die einde van Junie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version