Tarentale blink uit by SA’s

Spelers van die Tarentale Jukskeiklub wat Limpopo verteenwoordig het, was André Coetzee, Rina Colyn, De Graaff Genis, Lida Genis, Fanus Genis, Elmarie Genis, Adri Muller, Dalene Smit en Gerty van der Merwe.

MOKOPANE – Die skeie het gevlieg tydens die 82ste Suid-Afrikaanse Senior Jukskeikampioenskappe wat vanaf 25-31 Maart in Kroonstad gehou is.

Spelers van regoor die land asook Namibië het in verskeie ouderdomsafdelings meegeding.

Spelers van die Tarentale Jukskeiklub wat Limpopo verteenwoordig het, was André Coetzee, Rina Colyn, De Graaff Genis, Lida Genis, Fanus Genis, Elmarie Genis, Adri Muller, Dalene Smit en Gerty van der Merwe.

Tertius Uys het vir die SA-Akademiespan gespeel en in die mans bo 50 A2-afdeling deelgeneem.

Die spelers het baie goed gevaar en die mans bo 50 Limpopospan het vyfde geëindig, terwyl die Limpopo vroue A2-1-span met n silwer medalje spog.

Na afloop van die kampioenskappe het Elmarie Genis, Lida Genis en Tertius Uys, merietetoekennings ontvang as uitblinkers in die onderskeie A2-afdelings.

De Graaf Genis, Lida Genis, Elmarie Genis en Gerty van der Merwe het die geleentheid gekry om aan die proewe deel te neem. Genis is na afloop van die proefwedstryde in die mans bo 50 nasionale span opgeneem en gaan van 3-7 Julie in Windhoek aan die Namibië Kampioenskappe deelneem.

Die klub het hom sterkte toegewens vir die toernooi.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version