Dag 1: Kameeldoring Gholftoernooi slaan af

Inwoners word genooi om vanaand 19:00 by die gholfklub vir Riaan Benadé te kom luister.

MOKOPANE – Die Kameeldoring Gholftoernooi het Woensdagoggend vroegoggend afgeslaan, met 96 spanne wat ingeskryf het vir dié vier-dag toernooi.

Die baan is in ‘n goeie toestand en borge se stalletjies is oral op die gholfbaan sigbaar.

Inwoners word genooi om vanaand 19:00 by die gholfklub vir Riaan Benadé te kom luister.

Donderdag se kunstenaar is Niel Somers, Vrydag is die manne van Jan Jan Jan op die verhoog en dan sluit Rooksein die toernooi Saterdagaand af met heerlike musiek en lekker saamkuier.

Geen drank word toegelaat nie, maar daar is ‘n kontantkroeg.

Die personeel is gerat om spelers en feesgangers te bedien. Daar is ook heerlike lip-aflek-lekker kos beskikbaar.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version