Local sport

Fun Dance Company se akrobate spog met plekke op die podium

Akrobatiese dansers van Fun Dance Company het onlangs aan die Acrobatic Solo Dance Sport Association nasionale kampioenskappe in Pretoria deelgeneem.

POLOKWANE – Wanneer ‘n mens na ‘n akrobaat se opvoering kyk, dink hulle nie noodwendig aan hoeveel werk die jong akrobatiese danser daarin gesit het nie.

Min mense in die gehoor weet van die ure se beplanning om die perfekte dans saam met die regte musiek saam te stel, of van die hoeveelheid kere wat meer as een afrigter stap vir stap die bewegings saam met die danser oefen.

Ouers en ondersteuners sien dikwels net die perfekte uitbeelding van die maande se harde werk by die kompetisies.

Akrobatiese dansers van Fun Dance Company het onlangs aan die Acrobatic Solo Dance Sport Association nasionale kampioenskappe in Pretoria deelgeneem, en tussen die 17 akrobate was verskeie medaljes huis toe gebring.

Rhuné Stander (8) is ‘n vlak 9 akrobaat wat op die podium met ‘n eerste plek gespog en ‘n trofee huis toe gebring het.

Afrigter Carina Froehlich vertel hoe Rhuné voor die kompetisie verby die trofeë geloop het en vir haar gevra het wat sy moet doen om een te wen.

“Ek kon in haar oë sien sy wou bitter graag ‘n trofee wen, en het toe vir haar gesê sy sal haar beste moet gee en hard werk.”

Dit was toe presies wat Rhuné gedoen het om die trofee aan die einde van die dag te ontvang. “Ek wou regtig baie graag die trofee wen en het net my beste probeer. Dit was so lekker om te hoor dat ek in die eerste plek is.”

Rhuné sê sy is al jare ‘n akrobaat en hou daarvan om met elke vlak nuwe vaardighede te leer.

Die voorbereiding is vir haar soms moeilik, veral om die verskillende bewegings sonder skroom uit te voer. Fun Dance Company eienaar Olivia Fox sê sy is trots op al haar akrobate.

“Hulle oefen hard en is altyd entoesiasties om nuwe dinge te leer.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button