Local sportSport

Limpopo skuts laat die skote klap

Die Limpopo Provinsie Praktiese Skiet Assosiasie (LPPSA), het verlede naweek die eerste Suid-Afrikaanse Praktiese Skiet Assosiasie praktiese-skiet handwapen kampioenskappe van die jaar aangebied.

POLOKWANE – Sowat 330 skuts het deelgeneem, skuts van Duitsland, Griekeland, Zimbabwe, Australië en Kenya was ook betrokke. Die kompetisie het oor 18 trajekte (bane) gestrek, en was oor twee dae aangebied. Die byeenkoms was ook die laaste kwalifiserende byeenkoms vir die verkiesing van die nasionale span om te gaan deelneem in Thailand later in die jaar.

Die trajekte het hoë tegniese vaardigheid van skuts geverg. Elke trajek het verskeie opsies gebied en skuts moes mooi voorberei om die trajek in die kortste roete te voltooi.

Elke skut se tyd was geneem van die begin van ‘n trajek. Na die skut se puntetotaal verwerf is, word die punte gedeel deur die tyd om ‘n algehele tref faktor te bereken. Die skut moet dus poog om die hoogste puntetelling te verwerf in die kortste tyd.

Limpopo medaljewenners:

• Izak van Wyk.

Limpopo Classic spankompetisie:

• Dion du Bruyn (senior).

• Martinus Botha.

• Gerrit Dokter (super senior).

Produksie Seniors:

• Human Joubert.

• Douw Wessels.

• Clinton Scott.

• Stephanus Erasmus.

Produksiespan (Polisiespan):

• Santie Joubert.

Produksie A-span:

• Geoffrey Goetsch.

• Leon van der Bank.

• Francois Bronkhorst.

• Jane van Wyk (vroue).

Skakelbeampte van LPPSA, Philip Smith, sê hulle verwag dat daar weer van LPPSA se lede verkies gaan word tot die nasionale span wat binnekort aangekondig word.

“Die byeenkoms was in alle opsigte ‘n groot sukses.

LPPSA bied die Sapsa Nasionale Geweer Kampioenskappe aan op 10-13 Maart. Die byeenkoms word ook by die Polokwane Skietbaan aangebied.

“Die geweerskiet is uiters opwindend en bied groot genot vir beide skuts en ondersteuners. Ondersteuners is baie welkom om die Saterdag en Sondag die byeenkoms te kom bywoon,” vertel Smith.

Vir verdere navrae, skakel gerus vir Philip Smith of stuur vir hom ‘n WhatsApp-boodskap aan 083 269 0892.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button