Local sportSport

Klein motors sorg vir groot pret

JRC Models bied die geleentheid vir oud en jonk om deel te neem aan byeenkomste waar hulle pret kan hê, maar ook kompeterend kan deelneem.

POLOKWANE – In realiteit is die geleentheid om agter die stuur van ‘n renmotor, vliegtuig of helikopter in te skuif nie vir almal beskore nie.

Maar by JRC Models kan jy dieselfde hoeveelheid adrenalien met afstandbeheerde karre, vliegtuie en helikopters ervaar.

Een van die karre in aksie.

Dié klub bied die geleentheid vir oud en jonk om deel te neem aan byeenkomste waar hulle pret kan hê, maar ook kompeterend kan deelneem.

 

Francois Wood, voorsitter van die klub, sê diegene wat met die afstandbeheerkarre ry, kom een naweek per maand bymekaar waar hulle Saterdag en Sondag op twee afsonderlike bane meeding. Die nasionale byeenkoms vind in Tzaneen plaas.

Een van die karre in aksie.

“Hierdie is ‘n sport vir die hele familie, van jonk tot oupa en ouma. Ons het tussen 10 en 15 mense wat tans deel is van die klub. Dit is nie een van jou duurste sportsoorte nie en ‘n mens kan jou eie kar opbou.”

Belangstellendes is welkom om vir Jaco van Eeden te skakel by 015 297 2179.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button