Spanne spook sake uit in Limpopo Viere

Rolbalspelers van regoor die provinsie het verlede Saterdag aan die semi-finale rondte van die Limpopo Viere deelgeneem.

POLOKWANE – Daar was altesaam 48 spelers vanuit Polokwane, Louis Trichardt, Marble Hall, Tzaneen, Modjadjiskloof en Bela-Bela wat sake uitgespook het. Elke span het bestaan uit vier spelers.

Die finale wedstryd kon nie plaasvind nie weens ‘n gebrek aan tyd, en ‘n datum daarvoor sal nog bekend gemaak word. Duiwelskloof en Louis Trichardt rolbalklubs sal teen mekaar te staan kom in dié wedstryd.

Al die beginners sal komende Sondag in ‘n eindstryd in Polokwane speel.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version