Ysterberg Rally ten bate van skool

Erica Pre-Primêre Skool hou op 29 Januarie ‘n motorfietsresies by Ysterberg-Oord. Geld wat ingesamel word is ten bate van die skool.

POLOKWANE – Die resies begin om 10:00 en koste beloop R400 per volwassene en R250 per kind. Die baan strek oor 150km en bied verskeie uitdagings van sand en klip en
moeilike terrein.

Die klasse waarvoor belangstellendes kan inskryf sluit in:

• Vierwielmotorfietse: ope-, meesters- en vroueklas.

• Tweewielmotorfietse: juniors 65cc-85cc, 200cc, ope- en meestersklas.

Daar is ook ‘n baan vir jonger kinders beskikbaar. Kos en koeldrank sal te koop aangebied word.

Vir akkommodasie skakel vir Gabi Snyman by 083 263 6047 of vir Carlo Snyman by 083 504 7468.

Vir meer inligting oor die samekoms skakel vir Erica PrePrimêre Skool se kantoor by 015 297 3301 of WhatsApp vir Winette Venter by 082 908 5470.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version