Local sportSport

Podiumplekke vir Mokopane fietsryers

Twee fietsryers het verlede naweek podiumplekke losgetrap tydens die vierde SA XCO byeenkoms wat by Bouncy Croc buite Mookgophong gehou is.

MOKOPANE – Chantelle Gouws was eerste oor die eindstreep in haar ouderdomsgroep terwyl Henro van der Walt weggestap het met ‘n tweede plek.

Die byeenkoms is wel nie deel van die amptelike Spur skolereeks nie, en die fietsryers neem deel in hulle privaat hoedanigheid vir die pret, uitdaging, ondervinding en ter voorbereiding vir die skolereeks wat binnekort begin.

Die fietsryers is reeds besig met ‘n strawwe oefenprogram om voor te berei vir die finale byeenkoms wat op 29 Mei by Stanford Lake College in Haenertsburg gehou word.

bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button