Louis wil sy kennis met plaaslike gholf-gemeenskap deel

Louis le Roux het sy PGA kursusse voltooi en vertel dat min mense eintlik gekwalifiseerd is om gholf te kan afrig

POLOKWANE – Louis le Roux vertel gholf het sy lewe verander.

Hy is ‘n groot sportman en hy het aan sewe sportsoorte deelgeneem, maar niks kom naby sy liefde vir die skoonveld nie.Hy het sy PGA kursusse voltooi nadat hy die polisie, waar hy vir 13 jaar gewerk het vaarwel geroep het, en hy het dadelik met afrigting begin.

Hy is tans die nuutste toevoeging tot die Polokwane Gholfklub en Sadie’s Golf Experience in Polokwane.”Ek sal sê almal moet die sport beoefen want jy is jou eie skeidsregter en dit leer jou baie van die lewe,” vertel Louis. Louis vertel mense verstaan nie hoe min mense eintlik gekwalifiseerd is om gholf te kan afrig nie.

“Wat afrigting moeilik maak is dat niemand die stok dieselfde swaai en vashou nie en as jy regtig jou sout werd is sal jy kan sien wat die probleme is met ‘n dryfhou, en dit kan regstel met oefening en raad.”Hy sien daarna uit om by die klub met mense te werk wat dalk mag dink hulle gholfspeel dae is verby asook om vir die jongspan en vroue meer oor dié gesogte spel te leer en dit te laat groei.Hy glo soos met enige sport moet die kinders die kans gegee word om alles te doen wat hulle wil en nie in ‘n rigting gedwing te word nie want dan gaan die sport ten gronde.

Louis beskryf homself as iemand wat daarvan hou om met mense te werk. Wat jy sien is wat jy kry. “My ma het altyd gesê ek is te eerlik, maar mense weet altyd waar hulle met my staan,” vertel hy.Buiten vir sy liefde vir die sport en afrigting was hy ook vir baie jare betrokke in bemarking en hy glo dit sal hom help om gholf ‘n aanwins vir baie te maak.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011
Exit mobile version