Local sportSport

Afrigters antwoord: Hoe motiveer jy kinders om deel te neem?

Plaaslike afrigters deel hoe hulle kinders se liefde vir hulle onderskeie sportsoorte ontwikkel

POLOKWANE – Met die aanvang van ‘n skooljaar is daar ‘n magdom sportsoorte waaraan kinders kan deelneem. Sekere kinders is egter nie altyd gemotiveerd vir hierdie deelname nie, al het die kind ‘n natuurlike talent daarvoor. Review het met afrigters in die stad gaan gesels om uit te vind hoe hulle hierdie kinders se liefde vir hulle onderskei sportsoorte ontwikkel, asook wat hulle voel belangrik vanaf ‘n afrigter is.

“As afrigter moet jy die sport so lekker moontlik vir die kinders maak. Speel saam met hulle speletjies en laat hulle spesiaal voel omdat hulle die sport speel. Daardeur sal hulle liefde vir die sportsoort groei,” vertel Cathy Grobler.
“Om kinders lief te maak vir sportsoort kom met tyd. Jy as afrigter moet ‘n passie hê en dit kan wys sodat die kinders dit deur jou kan beleef. Weet ook alles wat jy kan van die sportsoort af,” vertel Rob Anderson.
“Die belangrikste is vir ‘n afrigter om ingelig te wees oor alle aspekte van die sportsoorte. Jy moet lief wees vir die sportsoort en seker maak dat die spelers hierdie liefde aanskou. Sodoende motiveer jy die spelers om ook deel te neem,” sê Amos Magagula.
“Ek glo dis veral aan die begin van die jaar baie belangrik om dinge nie te vinnig te begin nie, anders skrik jy die kinders af. Jy as afrigter het ook die taak om die kinders se harte te wen en as jy dit eers regkry, kom die res maklik daarna,” vertel Elmari Craig.
“Dis belangrik as afrigter dat jy self lief is vir die sportsoort. Elke sportsoort het goed in wat meer en minder lekker is en my raad sal wees om te begin by die lekker van die sportsoort, veral aan die begin van die jaar of seisoen. Daar sal tyd kom vir die meer ernstige dele maar begin op ‘n tempo wat selfs die kinders wat nie gemotiveerd is nie, sal by kan hou. Soms is dit net bietjie luiheid wat uitgewerk moet word,” vertel Andri Marais.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button