Spangees seëvier toe oud en jonk mekaar aanpak

Dit was daai tyd van die jaar waar die PanSolutions Noordelikes oumanne en die jongmanne kragte gemeet het op Saterdag, 5 Oktober.

POLOKWANE – Dié wedstryd het die einde van ‘n harde maar opwindende seisoen aangekondig.

Die klub se Adjunkpresident, Charles Oosthuizen vertel dat hulle die wedstryd elke jaar speel om spangees te bevorder en ook om planne te maak vir volgende jaar. “Ons probeer altyd om vir oulaas al die spelers bymekaar te kry.”

Heindrich Schoeman, Thys de Beer en Eden Grobler duik vir die bal in ‘n poging om ‘n drie te druk of te keer.

Hy voeg by dat die oumanne se span bestaan uit spelers 25 jaar en ouer en dat die jongmanne se span 25 jaar en jonger is. Ek is gelukkig met die span se vertoning die jaar. Alhoewel ons nie die liga gewen het nie, dink ek ons het goed gespeel en hard geoefen.”

Christian Muller speel vir die ou-mannespan op Noordelikes se veld.

Charles vertel dat die seisoen baie beserings gehad het en dat sleutelspeler nie kon speel nie. Toe die eindfluitjie blaas het die titel aan die jongmanne behoort met ‘n 40-31 oorwinning. Zander Kubannek het die fluiting in sy hand gehad en hy het seker gemaak die wedstryd vloei.

reporter02@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version