Local sportSport

Op ‘n perd se rug, voel Esmerelda tuis

Sy was skaars 'n baksteen hoog toe Esmerelda Jacobs vir die eerste keer bo op 'n perd se rug gesit het. Nou, op 16 jaar, verower sy pryse by nasionale kompetisies.

POLOKWANE – Esmeralda het gedurende die lang naweek aan ‘n Western Mounted perdry kompetisie in Parys, Vrystaat deelgeneem. Sy vertel van die belewenis.

“Daar was 430 perde en dit was ongelooflik lekker. Op pad daarheen was ek heelwat gespanne want die verskillende bane en beplanning het deurmekaar gelyk. Toe ek egter daar aankom, was ek ontspanne en het opgemerk dat alles naby mekaar is. Die ervaring was ongelooflik.”

Die kompetisie waaraan Esmerelda deelgeneem het, was die SAWMGA Nasionale Kampioenskappe asook die Sanesa Nasionale Kampioenskappe.

Haar ma, Yolanda, vertel Esmerelda het besonder goed gevaar tydens die kompetisies.

“Sy het ses eerste plekke by Sanesa gekry, twee vierde plekke en een tweede plek. Sy was ook die algehele wenner vir die vlak 0-ruiters. By SAWMGA het sy ook ses eerste plekke gekry, een vyfde plek en een derde plek. Ek is geweldig trots op haar. Hierdie was haar eerste kompetisie.”


Voordat Esmerelda Western Mounted Games begin ry het, het sy ook met haar perde gespring. “Die oefengronde vir die Western Mounted Games is nader aan my huis en dus het ek besluit om te verander. My afrigter, Maryka Mong, is baie oulik en ek ry met haar saal op my perd, Summer Talent, se rug.”

“As ek nie perdry nie, ry ek steeds perd. Dit is al wat ek doen. Ek stel in min ander dinge belang.”
maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button