Plaaslike skole ry top plekke los by Spur Skole Bergfietsreeks

Fietsryers van Laerskool Krugerpark, Hoërskool Piet Potgieter en van die privaat skole in die dorp het op Saterdag, 13 Julie aan die Spur Skole Bergfietsreeks deelgeneem by Hoërskool Ellisras in Lephalale.

MOKOPANE – Laerskool Krugerpark se span het ‘n algehele tweede plek behaal onder die 20 laerskole wat deelgeneem het. Chantelle Gouws het uitgeblink met ‘n derde plek in die agt tot 10-jaar ouderdomsgroep. Henro van der Walt spog ook met ‘n derde plek in die 11 tot 12-jaar ouderdomsgroep.

Ruben van Tonder.

Hoërskool Piet Potgieter het ‘n algehele sewende plek behaal onder die 16 hoërskole wat deelgeneem het. Ruben van Tonder het ‘n eerste plek losgetrap in die 14-jarige ouderdomsgroep.

Chantelle Gouws.

Die privaatskole se ryers het negende geëindig onder die 16 hoërskoolspanne. Die spanne maak reeds gereed vir hulle volgende wedren wat op 27 Julie by die Capricorn Wedrenbaan in Polokwane plaasvind.

bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version