Tanika hop en gallop in Amerika

Onlangs het Tanika Wilkenson aan die Yellow Hammer Uithourit in Amerika gaan deel neem. Review het na die kompetisie by haar gaan inloer om te hoor oor haar ervaring.

POLOKWANE – Sy het ‘n totaal van 155 myl oor ‘n tydperk van drie dae voltooi. “Dis anders as die uithouritte in Limpopo. Daar is nie regtig ‘n manier hoe ‘n mens hier kan oefen, om daar te gaan ry nie. Hier is alles plat en daar is jy werklik in die berge.”

Tanika Wilkenson in Amerika gedurende die uithourit saam met ander ruiters.

Sy ken een van die perde eienaars baie goed aangesien haar pa gereeld in Amerika gaan kuier. Sy is deur dié familie genooi om deel te wees van die kompetisie.

“Dit was baie lekker om daar deel te kon neem het. Ek was die enigste een van die land wat daar gaan deelneem het. Ek het algeheel 10de geëindig en is eerste van die juniors, so dit het baie goed gegaan,” vertel Tanika.

Sy het nog nooit regtig aan ‘n uithourit kompetisie deel geneem nie, maar noem die gogga het nou behoorlik gebyt en sy gaan meer ernstig in die sport ingaan.

Sy sê om ‘n perd reg te kry vir lang afstande moet mens hulle net gewoond maak daaraan. Hoe meer gereeld hy of sy die distansie oefen, hoe meer kan en wil die perd dit doen.

“Ry met die perd elke keer ‘n bietjie verder en maak hom gewoond aan die afstand. Raak ook self gewoond aan die afstand saam met jou perd,” vertel sy.

Tanika ry nou al vir drie jaar perd en het al aan die Western Games deelgeneem waar sy ook al uitgeblink het.

Sy speel ook ringbal en sê dit dit is vir haar belangrik om haar tyd reg te bestuur.

“Ek ry gereeld met my perde en só leer ek hulle en hulle my ken. Om ‘n band te bou is ongelooflik belangrik. Ek het eendag op my perd gery en hy het vir ‘n trok geskrik. Ek was besig om af te val, maar die perd het met sy boud my val gekeer. Dis hoe spesiaal die band kan wees tussen ruiter en perd,” verduidelik sy.

Tanika noem dat die mense in die perdry wêreld baie anders is as ander mense. Almal help almal en die mense deel een passie, die sport is wat almal aanmekaar hou, vertel sê. Sy is genooi om volgende jaar weer aan die uithourit te gaan deelneem en sy sien reeds baie uit daarna.

“My dankbaarheid gaan verseker uit aan my afrigter en ouers, want hulle het my help bly druk om verder te gaan. Waar ek nie meer kon nie, het hulle my gehelp om sukses te behaal,” sluit sy af.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version