Local sportSport

Keegan het sy drome in ‘n wengreep

Keegan Coetzee is net 15 jaar oud, maar van stoei kan hy min geleer word.

POLOKWANE – Hy spandeer al sy vrye tyd aan die sport en stoei reeds vir sewe of agt jaar. Hy vertel hy geniet die sport so baie, hy wil graag na hy klaar is met skool daarmee aangaan.

“Die lekkerste deel van die sport, is jy leer om aspekte van jou liggaam te beheer, wat mens nie sommer by ander sporte doen nie,” vertel hy.

Hy doen geen ander sport nie, want hy glo daarin om alles in een ding te sit en voluit te gaan.

Hy sê hy het belangstelling begin toon in die sport, omdat dit baie dissipline vat, interessant is om te sien en ook self te kan doen.

Hy het al in verskeie kompetisies delgeneem en is laas jaar as ‘n Suid-Afrikaanse kampioen gekroon in sy ouderdom- en gewigklas.

“Kompetisies gaan nie net oor wen en verloor nie, elke een is ook ‘n leer proses,” vertel hy.

Sy raad aan jonger seuns en meisies wat die sport wil begin beoefen, is om nie bang te wees vir die sport of seerkry nie.

Sy toekoms drome sluit in om die Afrika Kampioenskap eendag te kan wen, asook om na die Olimpiese Spele te kan gaan. Hy kyk op na ervare stoeiers in die klub, soos Terry van Rensburg en Rudi Roets en vertel dat hy graag kyk as hulle stoei, om te leer hoe hulle uit posisies uitkom.

Hy het onlangs vir die eerste keer in Tunisië gaan deelneem en daar het hy ‘n silwer medalje gewen.

https://www.citizen.co.za/review-online/296418/wrestlers-represent-polokwane-tunisia/

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button