Swemmers pronk op wenpodium

Die Limpopo Tuks swemspan se 'visse' het die naweek van 30 November tot 2 Desember die medaljes behoorlik ingeryg tydens die Limpopo swemkampioenskappe in Polokwane waar hulle ook as Limpopowenners gekroon is.

MOKOPANE – Nie net het swemmers talle medaljes verower vir hul swemvernuf in die water nie, maar Immeré Botha (o/14) is aangewys as Senior Victrix Ludorum.

Sy het onder meer ‘n rekordtyd van 2:3,73 in die 200 m vryslag, 2:44,71 in die 200 m wisselslag en 3:02,43 in die 200 m borsslag opgestel. Keanke Nel (o/8) is as Starfish Victrix Ludorum aangewys.

Die uitslae is soos volg:

Immere Botha is aangewys as die Victrix Ludorum trofee.
Raymond Kockott spog met die algehele Limpopo wentrofee en Immere Botha met haar senior Victrix Ludorum trofee.

Henco Du Toit, Johan Krafft, Johan Emmenes, Wynand Schalekamp en Keatlegile Makhate het ook hul beste in die water gegee.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version