Local sportSport

Swemmers pronk op wenpodium

Die Limpopo Tuks swemspan se 'visse' het die naweek van 30 November tot 2 Desember die medaljes behoorlik ingeryg tydens die Limpopo swemkampioenskappe in Polokwane waar hulle ook as Limpopowenners gekroon is.

MOKOPANE – Nie net het swemmers talle medaljes verower vir hul swemvernuf in die water nie, maar Immeré Botha (o/14) is aangewys as Senior Victrix Ludorum.

Sy het onder meer ‘n rekordtyd van 2:3,73 in die 200 m vryslag, 2:44,71 in die 200 m wisselslag en 3:02,43 in die 200 m borsslag opgestel. Keanke Nel (o/8) is as Starfish Victrix Ludorum aangewys.

Die uitslae is soos volg:

  • Marnus Truter (o/7): eerste in die 200 m wisselslagaflos en 200 m vyslagaflos, tweede in die 50 m rugslag en derde in die 200 m wisselslag, 50 m vlinderslag en 50 m borsslag.
  • Keanke Nel (o/8): eerste in die 200 m wisselslag, tweede in die 50 m borrslag, 100 m borsslag en 8×50 m ‘ladder’ vryslagaflos en derde in die 50 m rugslag, 200 m vryslagaflos, 50 m vryslag en 50 m vinderslag.
  • Petri Grobler (o/8): eerste in die 100 m rugslag, 200 m wisselslagaflos, 50 m rugslag en 200 m vryslagaflos en derde in die 100 m borsslag.
  • Marlo van der Walt (o/8): tweede in die 100 m rugslag.
  • Carla Dannhauser (o/8): tweede in die 20 m wisselslagaflos.
  • Stephanie Dannhauser (o/9): eerste in die 50 m rugslag, tweede plek in die 200 m wisselslagaflos en derde in die 100 m rugslag, 100 m vryslag, 200 m vryslagaflos en 200 m rugslag.
  • Jayden Mostert (o/9): tweede in die 50 m rugslag en 200 m rugslag en derde in die 200 m borsslag en 100 m rugslag.
  • Dian Vogel (o/9): tweede in die 200 m borsslag en 8×50 m ‘ladder’ vryslagaflos en derde in die 50 m borsslag, 100 m borsslag en 200 m wisselslag.
  • Lianka du Toit (o/10): eerste in die 200 m wisselslagaflos en 200 m borsslag en derde in die 50 m borsslag, 100 m borsslag, 200 m vryslagaflos en 200 m rugslag.
  • Carmi Schoeman (o/10): eerste in die 200 m rugslag, tweede plek in die 20 m wisselslag, 50 m rugslag, 100 m borsslag, 200 m wisselslagaflos, 50 m borsslag en 100 m rugslag en derde plek in die 200 m vryslagaflos en 200 m borsslag.
  • Paul de Beer (o/10): eerste plek in die 200 m vryslagaflos, tweed eplek in die 200 m wisselslagaflos en 50 m vryslage n derde plek in die 50 m vlinderslag.
  • LW Lourens (o/10): eerste plek in die 200 m vryslagaflos, tweede plek in die 200 m wisselslagaflos en 200 m wisselslag en derde plek ind ie 200 m borsslag.
  • Henro van der Walt (o/10): derde in die 50 m rugslag en 200 m rugslag.
  • Carla Wolvaardt (o/11): goue medalje in die 100 m rugslag, 200 m wisselslagaflos, 50 m rugslag en 200 m rugslag en tweede plek in die 50 m borsslag, 100 m vryslag, 200 m vryslag, 100 m borsslag, 20 m wisselslag, 800 m vryslag, 50 m vryslag, 200 m borsslag en 50 m vlinderslag.
  • Mighael Alberts (o/11): eerste plek in die 100 m rugslag, 50 m rugslag en 50 m vryslag, tweede plek in die 100 m vryslag, 200 m vryslag, 100 m borsslag, 100 m vlinderslag, 50 m vlinderslag en 200 m rugslag en derde in die 50 m borsslag, 200 m wisselslagaflos, 20 m vryslagaflos en 200 m borsslag.
  • Carlia Nel (o/12): derde in die 50 m rugslag.
  • Karla Vogel (o/12): eerste plek in die 200 m wisselslagaflos, tweede in die 50 m borsslag, 100 m borsslag, 200 m vryslagaflos en 200 m borsslag en derde plek in die 100 m vlinderslag.
  • Jacobus Botha (o/12): eerste in die 100 m vlinderslag en derde plek in die 400 m vryslag, 200 m wisselslagaflos, 200 m vryslag, 200 m vryslagaflos en 50 m vryslag.
  • Immere Botha (o/14): eerste in die 50 m borsslag, 200 m vlinderslag, 200 m vryslag, 100 m borsslag, 200 m wisselslag, 200 m vryslagaflos, 400 m wisselslag en 200 m borsslag, tweede in die 200 m wisselslagaflos en derde in die 100 m vlinderslag.
Immere Botha is aangewys as die Victrix Ludorum trofee.
  • Jeska Tiersma (o/14): eerste plek in die 200 m vryslagaflos en tweede plek in die wisselslagaflos.
  • Megan Wolvaardt (o/14): eerste plek in die 800 m vryslag en 200 m vryslagaflos, tweede plek in die 10 m vryslag, 200 m wisselsagaflos, 50 m rugslag, 50 m vryslag en 400 m wisselslag en derde in die 100 m rugslag, 50 m borsslag, 200 m wisselslag, 50 m vlinderslag en 200 m rugslag.
  • Ruben Glover (o/14): eerste in die 100 m rugslag, 200 m vlinderslag, 200 m vryslag, 200 m wisselslag, 200 m borsslag en 200 m rugslag en tweede in die 50 m borsslag, 100 m vryslag, 200 m wisselslagaflos, 100 m borsslag, 50 m rugslag, 100 m vlinderslag, 200 m vryslagaflos en 50 m vryslag.
  • Ruard Nel (o/14): tweede plek in die 200 m wisselslagaflos, 200 m wisselslag en 200 m vryslagaflos en derde in die 200 m borsslag en 200 m rugslag.
  • Bernice Laboff (o/15): eerste in die 20 m vryslag, 100 m vlinderslag en 50 m vryslag en tweede in die 100 m borsslag, 200 m wisselslag, 200 m borsslag en 50 m vlinderslag.
  • Pietie Vogel (o/15): tweede in die 200 m borsslag en derde in die 50 m borsslag en 100 m borsslag.
  • Francois Botha (o/16): derde in die 400 m vryslag, 200 m vlinderslag en 1500 m vryslag.
  • Johann Neethling (o/17): derde in die 50 m borsslag en 200 m borsslag.
  • Raymond Kockott (o/18): eerste plek in die 200 m wisselslagaflos, 100 m vlinderslag en 50 m vlinderslag, tweede in die 50 m vryslag en 200 m vlinderslag en derde in die 100 m vryslag.
Raymond Kockott spog met die algehele Limpopo wentrofee en Immere Botha met haar senior Victrix Ludorum trofee.

Henco Du Toit, Johan Krafft, Johan Emmenes, Wynand Schalekamp en Keatlegile Makhate het ook hul beste in die water gegee.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button