Local sportSport

Met skopboks is Leandri heel tuis

Leandri Peyper vertel dat sy nog in doeke was toe sy aan skopboks bekend gestel is en vandag kan Leandri Peyper spog met 'n swart gordel, vierde dan.

POLOKWANE – Sy het haar skool trots gemaak toe sy op Saterdag, 22 Julie aan die Top 10 Skopbokstoernooi deelgeneem het en vier medaljes, twee brons in die senior afdeling en twee silver in die junior afdeling, verower het.

“Ek neem al vir 11 jaar aan skopboks deel en het by die klub groot geword. My ma neem ook aan die sportsoort deel.”

Leandri is deel van die Limpopo Province Sport Karate/Kickboxing Academy (LPSKKA) waar sensei Nico Myburgh haar touwys maak.

“Ek is nou swart gordel vierde dan en volgende gaan ek swart gordel, vyfde dan kry. Wanneer ek 18 is kan ek senpai en sensei word.”

Sy vertel dat skopboks vir haar lekker is aangesien sy dit saam met haar familie doen en dus so tyd saam met geliefdes deurbring. Hulle leer ook gereeld nuwe tegnieke en dit maak die sportsoort vir haar interessant.

“Om teen ‘n senior te veg as jy ‘n junior is, is moeilik. Ek is soms rerig bang vir my opponente. Om van junior vlak na senior vlak te beweeg is ook ‘n uitdaging, maar ek geniet die sportsoort vreeslik baie.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

Related Articles

Back to top button