Local sportSport

Gemengde welslae vir Noordelikes én Potties

Die Rooi Masjien van Goldwagen Noordelikes het die afgelope naweek die span van die Potgietersrus Rugbyklub die stryd aangesê op Potties se tuisveld.

POLOKWANE – Die wedstryd het gedien as ‘n kleedrepetisie van ‘n halfeindstryd in die Boet Fick-liga.

Bekende spelers soos Zander Beyleveld, Koning Janse van Rensburg, Tienie Janse van Rensburg, Thabo Tladi en Ricardo Varela was almal in aksie.

Noordelikes se eerstespan het vinnig 19-0 agter geloop in die hoofwedstryd en sluit die eerste helfte van die wedstryd met ‘n agterstand van 19-5 af.

Die tweede helfte het die Rooi Masjien terugbaklei en in die wedstryd se doodsnikke ‘n laaste drie gedruk om die wedstryd 20-19 te wen.

Puntemakers vir Noordelikes se eerstespan is Vusie Nyambie met een drie en Koning Janse van Rensburg met drie drieë.

Noordelikes se tweedespan het ‘n harde wedstryd gehad en kon net nie deur die verdediging en tuisgrondvoordeel van Potgietersrus breek nie.

Hulle verloor hul wedstryd 38-21.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button