Limpopo ringbal is gereed vir SA’s

Die Limpopo mans- en vroueringbalspanne gebruik elke geleentheid wat oor hul pad kom ten volle om vir die komende Suid-Afrikaanse Ringbalkampioenskap voor te berei.

POLOKWANE – Dié kompetisie begin vandag in Pretoria en die spanne het op Saterdag, 23 Junie seker gemaak hulle is gereed vir die strawwe kompetisie.

Tyra du Plessis en Bianca Adonis doen hul bes om balbesit vir hulle span te verseker.
Jean van Staden in aksie tydens die finale opwarming van die Limpopo Ringbalspan voor hulle SA’s toe gaan.
Die Limpopo A-ringbalspan warm op vir die laaste oefensessie voor hulle Sondag die SA Ringbalkampioenskappe in Pretoria gaan aandurf.
Tom van der Westhuizen maak gereed om te doel.

Hulle het mekaar die stryd op die ringbalbane aangesê in vriendskaplike wedstryde sodat hulle kan sien waar hulle nog aandag nodig het voor die groot kompetisie.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version