Local sportSport

PLS-netbalster tot Limpopospan verkies

Wanneer 'n mens vir Simoné Jansen van Nieuwenhuizen op die netbalbaan sien is daar geen wonder oor hoekom dié kranige jong speler 'n plek in die Limpopo netbalspan losgespeel het nie

POLOKWANE – Dié 13-jarige Laerskool Pietersburg (PLS) leerder vertel met trots aan Review dat sy al sedert gr. R aan sport deelneem.

“Om vir die Limpopospan gekies te word is ‘n groot eer,” vertel sy.

Sy het verlede jaar ook in netbal uitgeblink maar was nog te jonk om in aanmerking vir die Limpopospan te kom. Een van die dinge waarna sy die meeste uitsien is die opkomende netbaltoer na Boksburg waar die span vir drie dae teen spanne vanander provinsies gaan speel.

“Netbal leer jou om vining te dink en dit help ook in alles wat jy doen omdat jy saam met jou brien jou liggaam ook oefen. Dit leer konsentrasie en dit kan ek op alles in my lewe toepas,” vertel sy.

Simoné bevel graag die sport aan vir ander en wil in die Hoërskool en selfs na skool aan die sportsoort deelneem.

Sy kry inspirasie by die Tukkies netbalspelers en droom daarvan om eendag ook vir dié span te speel.

Wanneer sy nie op die baan besig is met wedstryde of oefen nie, oefen sy selfs by die huis om doele te gooi, al is sy nie ‘n doel nie. Met ‘n voorliefde vir sport geniet Simoné dit ook om hokkie te speel wanneer sy die geleentheid kry.

“Ek balanseer my sport, skoolwerk en sosiale lewe deur tyd te maak vir elke ding wat in my dagboek is. As ek klaar is met netbaloefening leer ek eers ‘n bietjie en daarna gaan ek hokkie toe. Na die hokkie leer ek weer en sorg ek dat my huiswerk op datum is.”

Sy bedank haar familie en al haar maats asook haar afrigters vir hul harde werk en ondersteuning wat haar inspireer om haar bes te gee in als wat sy doen.

riana@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button