Local sportSport

Radio-karre bied pret vir oud en jonk

Met ‘n liefde vir afstandbeheerde motors vertel Kobus Kotze dit is beslis nie ‘n stokperdjie waarin net kinders belangstel nie.

POLOKWANE – “Om radiobeheerde motors te ry is ‘n baie lekker sportsoort en verg baie konsentrasie en vernuf om die verskeie hindernisse op die renbaan te troef,” vertel hy.

Een van die renjaers, Gareth Lambert, het tydens ‘n onlangse wedren gewys wat hy alles op die baan met sy groen radiobeheerde motors kan doen. “Dit is ‘n vreeslike interessante sport en is altyd pret. As die gogga jou eers gebyt het los hy nie sommer nie,” lag Francois Wood.

Kobus verduidelik dat die Bushveld Model Racing Club die gasheer vir vanjaar se nasionale kampioenskap op 19 en 20 Mei gaan wees.

“Voel vry om my vir meer inligting hangende dié sportsoort by 071 355 8908 te kontak,” sê Kobus.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button