Hanru Botha help graag kinders in nood

Die Statebondspele sportster, Hanru Botha wys sy sagte kant wanneer hy elke week die dorp se Downsindroom kinders onder hande neem in sy stoeiklub.

MOKOPANE – Botha, afrigter van Brave Stoeiklub in Mokopane, het pas teruggekeer van die Statebondspele in Australië waar hy die dorp en land se naam hoog gehou het.

Hy het met ‘n silwer medalje teruggekeer en is nou hard aan die werk om sy stoeiklub vorentoe te neem.

Hanru Botha (afrigter van Brave Stoeiklub) besig om Jeandré Roos en Lehutjo Seoloane touwys te maak.

Lees meer: Hanru Botha palm silwer by Statebondspele in

Botha sê mense wat weerloos is, veral kinders, lê hom na aan die hart.

Hanru Botha en Erwald Schoeman geniet die balspeletjies.

“Ek het ‘n liefdadigheidsprojek begin waar ek met Downsindroom kinders werk.

“Die kinders leer respek, dissipline, selfstandigheid en selfverdediging aan deur middel van speel. Ek sal altyd opkom vir die een wat geboelie word en wat homself nie kan verdedig nie.”

Botha sê Downsindroom kinders word soms uit die samelewing se oog geskuif en word oorgesien as dit kom by sport of op gebiede waar hulle weerloos kan wees.

Hanru Botha help Lehutjo Seoloane om touspring te bemeester.

“Ek wil juis hierdie kinders leer om vir hulleself op te staan. Daar is merkwaardige kinders met Downsindroom wat aan alles deelneem van akademie, wetenskap tot sport. Dit gee vir hierdie kinders soveel inspirasie wanneer ek met hulle werk.”

Belangstellendes kan Botha of sy pa, Rudi, by 083 605 4487 of 083 229 7956 kontak.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version