MOKOPANE – Dié toernooi was weereens ‘n sukses en altesaam 13 wedstryde is oor vier dae gespeel.
Fanus Genis, Elmarie Genis, Dalene Smit, Adri Muller, Pieter le Roux, Lida Genis en De Graaff Genis van die klub het Limpopo verteenwoordig in verskillende spanne.
Die Limpopo Veterane B-span met Fanus Genis as kaptein en Pieter le Roux het ‘n algehele derde plek opgeraap.
Die senior B-vrouespan het vir die eerste keer in die geskiedenis as algehele wenners weggestap.
Dalene Smit (kaptein) en Elmarie Genis van die klub is deel van dié span.
Die volgende jukskeispelers van die klub is vereer:
• JD Genis as beste junior jukskeispeler en beste vordering.
• Pieter le Roux en Fanus Genis vir hul derde plek en brons medalje tydens die toernooi.
• Elmarie Genis en Dalene Smit vir hul eerste plek en goue medalje tydens die toernooi.
• De Graaff Genis omdat hy aangewys is as die beste Veteraanspeler landswyd tydens die prestigeaand in Kroonstad.
• Dalene Smit vir beste vordering en kaptein van die senior B-span vir vroue tydens die toernooi.
Vir enige navrae oor jukskei kan Fanus Genis by 083 263 5368 of De Graaff Genis by 082 902 6997 gekontak word.
Die volgende groot kompetisie sal die Tarentale driespel op 18 Augustus wees.