Local sportSport

Jukskeiers wys hul slag by SA’s

Die spelers van die Tarentale Jukskeiklub het onlangs in hulle Limpopokleure aan die Suid-Afrikaanse Jukskeitoernooi in Kroonstad deelgeneem. Hulle is ook daarna tydens die klub se jaarvergadering met trofeë beloon.

MOKOPANE – Dié toernooi was weereens ‘n sukses en altesaam 13 wedstryde is oor vier dae gespeel.

Fanus Genis, Elmarie Genis, Dalene Smit, Adri Muller, Pieter le Roux, Lida Genis en De Graaff Genis van die klub het Limpopo verteenwoordig in verskillende spanne.

JD Genis is as beste junior jukskeispeler van die jaar aangewys en het ook die beste vordering getoon. De Graaff Genis oorhandig sy prys. Regs: Dalene Smit is deur die klub beloon vir beste vordering en as kaptein van die wenspan in Kroonstad vir die senior B-vrouespan. Fanus Genis oorhandig haar prys.

Die Limpopo Veterane B-span met Fanus Genis as kaptein en Pieter le Roux het ‘n algehele derde plek opgeraap.

Die senior B-vrouespan het vir die eerste keer in die geskiedenis as algehele wenners weggestap.

De Graaff Genis is vereer nadat hy as beste veteraanspeler landswyd tydens die prestigeaand in Kroonstad aangewys is. Fanus Genis, Voorsitter wens hom geluk.

Dalene Smit (kaptein) en Elmarie Genis van die klub is deel van dié span.

Dalene Smit is deur die klub beloon vir beste vordering en kaptein van die wenspan in Kroonstad vir die senior B vroue span.

Die volgende jukskeispelers van die klub is vereer:

• JD Genis as beste junior jukskeispeler en beste vordering.

• Pieter le Roux en Fanus Genis vir hul derde plek en brons medalje tydens die toernooi.

• Elmarie Genis en Dalene Smit vir hul eerste plek en goue medalje tydens die toernooi.

• De Graaff Genis omdat hy aangewys is as die beste Veteraanspeler landswyd tydens die prestigeaand in Kroonstad.

• Dalene Smit vir beste vordering en kaptein van die senior B-span vir vroue tydens die toernooi.

Fanus Genis, Elmarie Genis, Dalene Smit, Adri Muller, Pieter le Roux, Lida Genis en De Graaff Genis was deel van die Limpopospan tydens die Suid Afrikaanse Jukskeitoernooi.

Vir enige navrae oor jukskei kan Fanus Genis by 083 263 5368 of De Graaff Genis by 082 902 6997 gekontak word.

Die volgende groot kompetisie sal die Tarentale driespel op 18 Augustus wees.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button