Local sportSport

Pret by La Wiida Leersentrum se Gholfdag

Gholfspelers van oud tot jonk het op die skoonveld van die Polokwane Gholfklub saamgekom vir die jaarlikse La Wiida Leersentrum Gholfdag.

POLOKWANE –  Dié gholfdag het 124 spelers gelok wat op Vrydag, 20 April hul bes gedoen het om as wenners uit die vierbal-stryd te tree.

Net na die prysuitdeling het Afrikaanse sanger, Hugo, spelers en hul families vermaak terwyl hulle gesellig by die 19de putjie kon kuier.

PanSolutions was die gholfdag se hoofborg en het gesorg dat spelers vir hul vernuf beloon was. Raoul van Zyl was die gholfdag se organiseerder en Valerie O’Reilly, eienaar van La Wiida Leersentrum, sê die dag was ‘n reuse sukses te danke aan almal se bydrae.

“Ons bedank die spelers en almal wat putjies geborg het. Altesaam 31 spanne het aan die gholfdag deelgeneem en ons bedank die borge vir die wonderlike pryse asook die mense wat ons veiling ondersteun het.”

Langste afslaan by die sewende putjie was deur Liano Viviers gespeel terwyl Morné Myburg dié eer by die 17de putjie ingepalm het.

Tony Hawken, Jan de Beer, Boet Smit en Wynand Swanepoel se span het as wenners uit die stryd getree. Kort op hul hakke was die span van Danie le Roux, Johan le Roux, Paul Grobler en Jaco Laas.
Nic Notley, André Halgreen, Russel Güche en Riaan Nel se span het ‘n derde plek opgeraap.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

You can read the full story on our App. Download it here.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button